DIE Oudtshoorn Posduifklub se geveerde atlete het verlede Donderdag vanaf Vryburg gevlieg.
Die duiwe is Dinsdagaand gemandjie en Donderdagoggend om 06:25 losgelaat. Daar was egter nie genoeg duiwe deur op Donderdag nie, so die spanne het Vrydag verder geklok.
In wedvlug 29 het Klein Karoo Lofts eerste ingeklok na ’n afstand van 777 km. Die inklok-tyd was om 15:37:54, Vrydagmiddag. In wedvlug 30 was A.M.J. Lofts se duif het eerste ingeklok om 15:40:55.
Die junior, M.J. Pienaar, se duiwe het ook baie goed gevaar en hy het ’n wedvlug in die Suid-Kaap federasie gewen.
Wedvlug 29-uitslae: Klein Karoo Lofts – 1, 3, 11, 13, 14, 24 en 25; Dirk Greeff Lofts – 2, 19, 27 en 28; Night Drop Racers – 4, 8, 21, 23 en 26; Hannes Smit – 5, 9 en 10; M.J. Pienaar – 6, 12 en 17; Thelma’s loft – 7, 18, 22, 29 en 30; A.M.J.Lofts – 15, 16 en 20.
Wedvlug 30-uitslae: A.M.J. Lofts – 1, 12 en 13; Klein Karoo Lofts – 2, 16, 17, 18, 26, 27 en 29; Dirk Greeff Lofts – 3, 17, 23 en 24; M.J. Pienaar – 4, 5, 6 en 8; Night Drop Racers – 9, 10, 15, 20, 21 en 30; Thelma’s loft – 11, 19, 22 en 25; Hannes Smit – 14 en 28. (Deur Lindi Brill)
Posduiwe vlieg vanaf Vryburg
M.J. Pienaar, wat in die junior afdeling, goed presteer het. Hy het ’n wedvlug in die Suid-Kaap federasie gewen. Foto: Verskaf