Posduifwedvlugte vanaf Kimberley

Só lyk dit wanneer wedvlugduiwe losgelaat word. Hierdie foto is tydens ’n vorige wedvlug geneem. (Foto verskaf.)

LEDE van die Oudtshoorn Posduifklub (OPK) het hul wedvlugduiwe Saterdag (13 Augustus) op Kimberley in die Noord-Kaap losgelaat.

In die Junior-afdeling se Jaaroud- en Ope-wedvlugte het die klub se enigste jongeling, MJ Pienaar, sy deelname volgehou. Twee van sy duiwe het die Jaaroud-wedvlug voltooi, en nog vier die Ope-wedvlug.

Hannes Smit, Night Drop Racers (NDR) en Otto Lofts se duiwe het die top drie plekke in die Jaaroud-afdeling vir seniors beklee. In die Ope-afdeling se vlug het NDR en Otto Lofts se duiwe weer eens in die top drie beland, met ’n duif van Klein Karoo Lofts (KKL) in derde.

Wedvlug 19-uitslae: Smit – 1 en 11; NDR – 2, 5, 6, 7, 13, 14 en 18; Otto – 3, 8 en 16; KKL – 4, 9, 10, 15 en 17; Thelma’s Loft – 12, 19 en 22; Anton Janse van Rensburg (JvR) – 20 en 21.

Wedvlug 20-uitslae: NDR – 1, 4, 8, 10, 11, 12, 18, 20 en 21; Otto – 2 en 19; KKL – 3, 5, 6, 9 en 13; Smit – 7 en 14; Okkie&Abe – 15, 16 en 23; JvR – 17 en 22.

• Die vorige week se vlug was op Hopetown. (Deur Stefan Skapie Goosen)