Deur Higgo Jacobs
Piet Swanepoel het Saterdag met ’n telling van 43 punte die medalstableford-gholfdag op Oudtshoorn gewen.
Alle spelers het van ’n nul-voorgee afgeslaan.
Drie punte is behaal vir ’n voëltjie, twee punte vir ’n syfer en ’n punt vir een oor syfer). Aan die einde
word die speler se voorgee weer by sy puntetotaal getel. Dit het groot byval onder die spelers gevind.
Deon Barnard, Johan Cornelissen en Skillie Pretorius, al drie met 39 punte, was onderskeidelik tweede, derde en
vierde. Marthinus Oosthuizen (38) was vyfde.
Llewellyn Rheeder het die boerpot gewen.
Barnard het op die 8ste die naaste aan die pen geslaan en sy vrou, Celeste, het hier ’n spogtwee aangeteken.
• Afd A van Woensdag, 23 Mei, se houespel is deur Lollies van Rensburg met 70 houe gewen.
Etienne Roos (69) het afd B gewen en Pieter Strauss (69) afd C. Roos was met sy telling van 69 die algehele
wenner.