Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se indivi-duele stableford Saterdag is gewen deur Piet Swanepoel met ’n telling van 39 punte.
Pieter Swanepoel en Jurgens Burger jr, albei ook met 39, was op ’n uittel tweede en derde gevolg deur Niel Terblanche (37) en Ockie Horo-witz (36).
Terblanche het op die eerste putjie ’n arend behaal. Swanepoel het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan en Louis Fourie het die boerpot gewen.
• Woensdag, 11 Julie, se individuele stableford is deur André Plaatjiesmet ’n telling van 38 punte gewen. Howard Ellis (37) was tweede gevolg deur Louis Slabbert (35), Pieter Strauss (34) en Colin Swigelaar (33).
Ellis het die boerpot gewen.
Jean Neethling het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en Pieter Strauss het op die 12de ’n spogtwee aangeteken.