Perderuiters van hier pak 50ste Fauresmith Perde-uithourit aan

Die Le Roux sibbe, Nico-Meyer, Carla en Lara in ’n yskoue Fauresmith, saam met hul perde. Vanjaar is die 50ste Fauresmith perdeuithourit in Fauresmith, Vrystaat. Foto Facebook Onder: Nico-Meyer le Roux en sy perd, Koringkloof Enzahi op die eerste dag van Fauresmith. In die agtergrond durf nog ruiters die uitdagende baan aan. Heelonder: Lea Muller en haar perd Rafara het goed gevaar op die eerste dag van die uithourit. Hulle het egter besluit om op die tweede dag te onttrek. Foto’s: Johanette Photography

Die bekende sibbe, Nico-Meyer le Roux (27) en sy perd Koringkloof Enzahi, Lara le Roux (25) en haar perd Locheim Camino en Carla le Roux (29) met die perd, Areli Silver Skeet, is tans besig met die bekende en uitdagende Fauresmith uithourit, in Fauresmith in die Vrystaat.

Die Le Roux’s is almal oud-leerders van Langenhoven Gimnasium.

Lea Muller (14), ’n oud-leerder van Laerskool Wesbank, het ook gekwalifiseer vir Fauresmith. Sy en haar perd Rafara het goed gevaar op die eerste dag, maar het besluit om eerder te onttrek na Dinsdag.
Al vier hierdie ruiters is deel van die Outeniqua Uithouritklub. Die klub bied jaarliks drie ritte op Oudtshoorn aan.

Vanjaar is die 50ste jaar wat die rit aangebied word en trek ruiters van regoor Suid-Afrika asook Namibië wat die uitdagende 206 km oor drie dae aanpak

Op die eerste dag ry ruiters en hul perde 75 km. Op dag twee is die afstand 75 km en op die laaste dag voltooi hul die rit met die laaste 56 km.

Sowat 285 perde het Dinsdag 8 Julie vanaf 07:00 begin weggespring in die ysige koue soos net die Vrystaat se vlaktes in die winter kan wees, en die eerste dag se 80 km aangepak.

Teen Dinsdagaand het ongeveer 44 ruiters uitgeval, of onttrek.

Op dag twee het 241 perde weer vanaf 07:00 weggetrek op die 2de been.

Teen die einde van die dag het 94 ruiters uitgeval of onttrek.

Op Donderdagoggend het 147 ruiters en hul perde op die laaste dag vertrek.

Die resultate van die wenners was nie teen druktyd beskikbaar nie, maar Die Hoorn sal wel ’n opdatering op ons Facebookblad, asook webwerf plaas sodra dit beskikbaar is. (ANGELIQUE ERASMUS)