Oudtshoorn rugbyklub kraai koning
Die Oudtshoorn rugbyklub het verlede Saterdag, 19 Augustus, teen die spanne van Calitzdorp op die Oudtshoorn sportgronde meegeding. Die Oudtshoorn-spanne het in albei hul wedstryde koning gekraai. Die 1ste span het ’n wegholtelling van 52 – 0 behaal, terwyl die 2de span se telling 14 – 13 was. Foto: Verskaf