Wes-Kaap Fietsry (WKF) is by die onlangse Wes-Kaap Sporttoekennings op Mutual Park in Pinelands, Kaapstad aangewys as Provinsiale Sportfederasie van die Jaar, met talle fietsryers van Oudtshoorn en die Eden-distrik wat verbonde is aan hierdie sportfederasie.
Lede van die WKF het verder uitgeblink deur om Skole-sportman van die Jaar (Ethan Kulsen), Junior Sportman van die Jaar (Kulsen), en Nuweling van die Jaar (Duwayne Adams) in te palm.
Buiten hierdie toekennings is individue van Eden in verskeie kategorieë genomineer. Oudtshoorniet Sonja Schultz (onder) is as Administrateur van die Jaar genomineer, Anya du Plessis as Junior Sportvrou van die Jaar en Tristan Nortjé as Sportman van die Jaar. Foto verskaf
