Ronelle Cornelissen (naasregs) en Magda Fereirra (regs) was die plaaslike spelers wat met 45 punte die beste gevaar het tydens die Oudtshoorn Vroue-gholfdag op Donderdag, 7 September, op die plaaslike baan. Hulle was derde. By hulle is Anneline Badenhorst (links), bestuurslid van die klub, en Andries van Schalkwyk van Buffelsdrift wat die dag al ses jaar lank borg. Foto: Higgo Jacobs