Oefenwedstryd eindig onbeslis

Dané Piedt (links), JP Duminy (middel) en Temba Bavuma is drie van die vyf Protea-krieket-spelers wat die naweek en vandeesweek op die Rec op Oudtshoorn as lede van die Kaapse Kobras-krieketspan teen die Oos-Kaapse Warriors gespeel het in opwarmingswedstryde vir die Sunfoil Reeks wat eersdaags begin. Die ander twee is Justin Ontong, wat ook vir die Kobras gespeel het, en Jon-Jon Smuts wat vir die Warriors gespeel het. Piedt is ’n draaibalbou-ler, Duminy ’n kolwer wat ook ’n goeie draaier is, Bavuma ’n kolwer, Ontong ’n veelsydige speler, en Smuts ’n veelsydige speler. Foto: Ebenezer Titus

DIE oefenwedstryd tussen die Kaapse Kobras en die Warriors Saterdag en Sondag op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec) het onbeslis geëindig.

Die Warriors het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle het slegs 221 lopies in hul eerste beurt geslaan. Hul beste kolwers was Jason Smith (55) en Matthew Breetzke (48). Die draaier Dane Piedt (4/24 in 10 beurte) was die beste Kobras-bouler.

Die Kobras-kolwers Andrew Puttick (100), Pieter Malan (72) en Jason Smit (55) het daarna in hul eerste kolfbeurt die grootste bydraes gelewer tot hul span se 354 lopies vir 7 paaltjies.

Aan die einde van die tweede dag het die Warriors in hul opvolgbeurt 96 lopies vir die verlies van twee paaltjies op die telbord gehad en het die wedstryd onbeslis geëindig.

Bowl

Kolf