Oudtshoorn Trips lok meer as 100 spelers

Die Oudtshoorn Rolbalklub se jaarlikse Oudtshoorn Trips Challenge het Saterdag meer as 100 spelers na die dorp gelok, van regoor die Tuinroete en so ver as Craddock. Plaaslike besighede, Liquor City en Foodlovers Market, het die toernooi geborg. Die wenners saam met ’n verteenwoordiger van die borge is van links John Young, Susan Meyer, Eliana Hattingh en Pieter Blignaut (Foodlovers Market). Foto verskaf