Jean Neethling (links) van die Wes-Kaapse departement van kultuur en sport, oorhandig namens die departement ’n tjek van R335000 vir die 2018 Oudtshoorn Sportfees aan Colan Sylvester (middel), burgemeester van Oudtshoorn, en Allan Paulse, munisipale bestuurder. Die oorhandiging was tydens ’n geselligheid by Brain’s Grill en is bygewoon deur raadslede, amptenare van die Eden Sportraad, die Oudtshoorn Sportraad en verteenwoordigers van verskeie ander sportliggame van Oudtshoorn. Die sportfees vind van 15 Junie tot 14 Julie plaas. Sowat 3000 sportlui, wat aan sokker, boks, netbal, rugby, rolbal, dominos, fietsry, skaak, veerpyltjies, trompoppies, wedrenne en baldans gaan deelneem, word by vanjaar se fees verwag.