84 slaan af

Wilmero Freeks (links) en Pietie Mooney (middel) wat Saterdag die gholfdag van Langenhoven Gimnasium gewen het. By hulle is Theo Ferreira, sportorganiseerder van Langenhoven Gimnasium.            Foto’s: Higgo Jacobs

Louis Willeman (links) en Desmond Malgas (regs) wat die  besigheidskamergholfdag gewen het. By hulle is Shaun Westraad van Timbercity wat die dag geborg het.

Louis Willeman (links) en Desmond Malgas (regs) wat die besigheidskamergholfdag gewen het. By hulle is Shaun Westraad van Timbercity wat die dag geborg het.

Deur Higgo Jacobs
Pietie Mooney en Wilmero Freeks het met ’n tel-ling van 50 punte Langenhoven Gimnasium se  gholfdag Saterdag op die Oudtshoorn Gholfbaan gewen. Altesame 84 spelers het afgeslaan vir die “scramble drive”-gholfdag.

Johan en Heinrich Cornelissen (49 punte) was tweede op ’n uittel, gevolg deur Colin Swigelaar en Garth Matthews, en Pam Haig en Miemie Maritz, almal met 49 punte. Louis Fourie en Paul Stroebel (48 punte) was vyfde. Fourie het die langste dryf van die dag geslaan.

Celeste Barnard het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan, Matthew Wilken op die agtste, Haig op die twaalfde en Dwayne Venter op die vyftiende. Nollies van Rensburg was op die 18de putjie die naaste aan die pen.

Stephanus Potgieter, hoof van Langenhoven Gimnasium, het tydens die prysuitdeling gesê hy is baie dankbaar vir die goeie ondersteuning en dat die skool nog gholfdae vir die toekoms beoog.

• Desmond Malgas en Louis Willeman het Woensdag, 6 Junie, die Oudtshoorn Besigheids-kamer se gholfdag met ’n telling van 47 punte ge-wen. Garth Matthews en C September, ook met 47, was op ’n uittel tweede. Reinhardt van Coller en Dirkie Kuhn (45) was op derde gevolg, op ’n uittel gevolg deur André van Greunen en Skillie Pretorius (45). Ockie Horowitz en Francois Pretorius (44) was vyfde.