Hierdie duikslag van ’n rugbyspelertjie van die Laerskool Franken op ’n speler van Saturnus Primêr tydens Saturnus se skolesportdag Saterdag gee nuwe betekenis aan die woord laagvat. Met so ’n duikslag is daar geen wegkomkans nie! Die primêre skole wat aan die sportdag deelgeneem het, is Saturnus, De Villiers, St Konrad, PJ Badenhorst, Sacred Heart, Gamka-Oos, De Rust, Kretzenshoop, Colridge en Franken. Foto: Ebenezer Titus