Oudtshoorn Rolbalklub se vroue- en mans-viere-kampioene

Oudtshoorn Rolbalklub se vroue-viere-kampioene vir 2018 is (van links) Helena Wagener, Hanette Bekker (skipper), Susan Maree en Myrtle Erasmus. Hulle het hul eindwedstryd in winderige omstandighede met ’n punt gewen.

Die Oudtshoorn Rolbalklub se mans-viere-kampioene vir 2018 is (van links) Jerome Bezuidenhout, Gertjie Bekker (skipper), Danie Bosman en Herman Marais. Hulle het hul teenstanders in die eindronde eers op die laaste kop geklop.