
Na hul oorwinnings teen Adias en Spring Roses, het die spanne van die Oudtshoorn Rugbyklub weereens hul wedstryde verlede Saterdag teen Ladismith op die REC in Oudtshoorn gewen.
Die eerste span het ’n telling van 25–10 aangeteken. Anru Tolken, die heelagter van die eerste span is aangewys as die speler van die wedstryd.
Die tweede span het ook seker gemaak dat hulle ’n wentelling van 12 – 7 op die telbord sit. Hul speler van die wedstryd was die linkerflank, Christopher Jaers.
Oudtshoorn RFC speel Vrydagaand hul volgende wedstryd teen Calitzdorp op die REC in Oudtshoorn. (Deur Lindi Brill)