Oudtshoorn Gholfklubkry nuwe klubkampioen

Oudtshoorn Gholfklub het op 1 Mei hul jaarlikse Klubkampioenskappe gespeel.

Sergio Arries (18), op die foto, is as die nuwe klubkampioen vir 2024 gekroon en Ronel Huysamen het as die nuwe dameskampioen weggestap.

Bobby Colbourne het die titel van skoliere kampioen losgeslaan en Lollies Janse van Rensburg is aangewys as die se-nior kampioen. Foto: Verskaf