Oudtshoorn Presidentsdag lok 40 spanne na rolbalbaan

Die Oudtshoorn Presidentsdagkompetisie, aangebied deur die Oudtshoorn Rolbalklub, het die naweek 40 spanne van regoor die Tuinroete en so ver as St Francisbaai na die Klein Karoo-dorpie gelok. Hierdie kompetisie vind jaarliks plaas. Oud en jonk het vanjaar kom deelneem, en ten spyte van die koue reënweer het almal hulself ten volle geniet. Die Oudtshoorn Rolbalklubpresident, Rudi Venter (onder) het ook deelgeneem. Die top-5 spanne was dié van Prof Stadler, A Buckley, Cherise Lottering, Werner de Beer en Frikkie Vermeulen. Die eerste vier spanne het elk op 6 punte geïndig, maar is slegs deur “shot difference” van mekaar geskei. Foto’s: Stefan Skapie Goosen