Oudtshoorn Jukskeiklub speel in Riversdal

Die Oudtshoorn Jukskeiklub het verlede Saterdag aan die Gielie Wessels-dag in Riversdal deelgeneem. Daar was 12 spanne wat deelgeneem het. Die Oudtshoorn-spanne het goed gevaar en die Oudtshoorn B-span het 5de in hul groep geëindig. Die Oudtshoorn C1-span het 4de in hul groep geëindig en die Oudtshoorn C2 het 6de geëindig. Die spelers van elke span se wedstryd is van links: Lulu Zeeman, Johnny Southey en Bertus Nel saam met Hercules Kritzinger (voorsitter van die Oudtshoorn Jukskei klub). Foto: Verskaf