
DIE laaste Oudtshoorn Besigheidskamer Gholfdag vir die jaar is op Woensdag, 2 Desember gespeel.
Die dag is geborg deur Tyremart en daar was 48 spelers op die baan.
Die Oudtshoorn Besigheidskamer Gholfdag kampioene vir 2023 is ook op die dag beslis, en die wenners wat met die prys weggestap het was Stephan Terblanche en Wynand Louw. Hul pryse is geborg deur Oudtshoorn en De Rust Toerisme.
Die dag se wenners was Charl Du Plessis en Ronel Westraad in die derde plek met 45 punte. Skillie Pretorius en sy seun, Pieter, was in die tweede plek met 47 punte. Die eerste plek vir die dag is opgeraap deur Stephan Terblanche en Wynand Louw met 48 punte. (Deur Lindi Brill)