Jean-Jacques Bruwer. (Foto verskaf.)
’N OUD-LEERDER van die Hoërskool Oudtshoorn, Jean-Jacques Bruwer (34), was een van die Wes-Kaap se beste skuts by die 2018 SA Gevegsgeweerkampioenskap vir gewapende magte by De Brug buite Bloemfontein.
Bruwer, ’n sersant in die SAPD se openbare orde-eenheid in die Paarl, se visier was goed ingestel. Met sy R4 het hy die Wes-Kaapse span gehelp om die B-klastrofee vir skuts in die oop-visier-afdeling in te palm.
Bruwer is ná die kampioenskap beloon met ’n plek in die SA presidentespan vir oopvisierskuts sonder ’n teleskoop. Dié span het einde verlede week in ’n skietkompetisie sy eweknieë van Leso-tho en Botswana geklop.