Op hoë noot afgesluit

Collegians het sy laaste wedstryd in vanjaar se SWD Presidentsliga op ’n hoë noot afge-sluit deur Harlequins met 46-34 te klop. Collegians was rustyd met 19-17 voor.

Vir die wenspan het Jason Plaatjies drie drieë gedruk, Michael Tyali twee en Guwanie Wil-liams een. Prinshane Carolus het vier strafdoele behaal en een drie verdoel terwyl Williams ook een drie verdoel het.

Seppie Ekstraal, afrigter van Collegians, sê hy is baie ingenome met sy span se spel. “Hulle het gewys waartoe hulle in staat is. Ek sien uit na die 2019-seisoen,” het hy gesê.