’N BELANGRIKE vergadering van oud-SWD- rugbyspelers en -amptenare word op Donderdag 1 Maart by Bridgton Senior Sekondêr gehou.
Volgens Danie Murray word alle voormalige spelers en amptenare bo die ouderdom van 50 jaar genooi om die vergadering by te woon, waartydens baie belangrike aangeleenthede bespreek sal word.
Hy versoek ook dat almal hul ID-dokumente saambring. Vir navrae kontak gerus vir Murray by 0743675372, R da Silva by 0783726876 of Hilton Stols by 0609103088). – Garnett Wicomb.