Francois wen weer!

FRANCOIS Maquassa (Nedbank SWD) het Saterdag die 148ste Oudtshoorn Parkrun by Surval in 17 min 41 sek gewen.
Hanru Storm (15) was die eerste junior oor die wenstreep in 21:10.

Die 5-jarige Reghardt Wolmarans, leerder aan Principia, het geskiedenis gemaak toe hy sy eerste Parkrun (5 km) in die 49ste posisie in 36:57 voltooi het; en dit sonder enige voorbereiding.

Reghardt se ma, Laetitia, was heelpad by hom.Al wat Reghardt te sê het, is: “Dis die tekkies wat my so mooi laat hardloop het.”