Nuweling wen Parkrun 321

Jada Coetzee (17)


’N EERSTEKEER deelnemer, Ashley Julies, was Saterdag die wenner van die 321ste Oudtshoorn Parkrun by Surval met die 17-jarige Jada Coetzee (foto regs) wat die vrouewenner was.

|Julies was met ’n tyd van 21 minute 46 sekondes eerste by die eindpunt van die 69 deelnemers, met Francois Verwey tweede (23:25) en sy seun Lian in die derde plek met ‘n tyd van 23 minute 51 sekondes.

Hierna het gevolg Johann Coetzer (24:30), met sy 260ste Parkrun, Logan Ellis (25:19), Conner Ogden (25:22), Darren Ogden (25:51), Petrus Geldenhuys (27:05), Albertus Kennedy (27:19), Peter Wallis (27:19), Jada Coetzee (28:04), Attie Fortuin (28:35), Fanie Olivier (28:41), Abraham Hendriks 28:53), PA Geldenhuys (29:12), Nadia Olivier (29:36), Kruge Roeloffze ( 29:56) Sune Wessels (30:47), Karlé Meyer (34:10), Carol Wallis (34:35) en Veronica Linde (37:16). (Deur Garnett Wicomb)