Die Legends vlakkiekrieketspan is die nuwe voorlopers in die 2024 T20 OPL-vlakkiekriekettoernooi na hul oorwinning Sondag oor Dysseldorp.
Die toernooi word deur die Eden Rainbow Development Project (ERDP) aangebied.
Legends het 54/2 in 10,5 boulbeurte aangeteken nadat die tuisspan net 53/9 kon aanteken.
Die span van De Rust het Sondag vir ’n opskudding gesorg toe hy Firestones, ’n viermalige kampioen van die toernooi, in ’n spanningsvolle wedstryd met 11 lopies verslaan het.
De Rust het eerste gekolf en in sy 20 boulbeurte 123/9 aangeteken.
Firetsones is hierna in die 20ste boulbeurt vir 112 uitgeboul.
In ’n derbywedstryd in 17de Laan het Tornadoes vir Spartans met 13 lopies geklop.
Tornadoes het eerste gekolf en in sy toegelate 20 boulbeurte 110/7 op die telbord geplaas. Spartans het met die kolf gesukkel en kon slegs 96/6 op die telbord kry.
Tornadoes is na vier wedstryde tweede op die punteleer met 10 punte en Hungry Lions derde met 7 punte. (Deur Garnett Wicomb)
Nuwe voorlopers in OPL Vlakkiekkriekettoernooi
Die span van De Rust wat Firestones Sondag in hul OPL T20-wedstryd geklop het. Foto: Verskaf