Eerste mini-hokkiedag by Gimmies aangebied

Bo en onder: Leerders van verskeie laerskole het aan die mini-hokkiedag wat by Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn aangebied is, deelgeneem. Foto: Facebook

Langenhoven Gimnasium het verlede Vrydag, 24 Mei, hul eerste mini-hokkiedag by die skool se astro baan aangebied.

Die o.10-, o.11- en o.12-seuns-en dogtersspanne van Laerskool Wesbank, Laerskool Van Reede, Laerskool Laurus, Nico Brummer Primêr, Outeniqua Primêr en Laerskool George-Suid het aan die hokkiedag deelgeneem. Elke span het twee wedstryde gespeel van 17 minute lank.

Dit was ook ’n gulde geleentheid vir die hokkiespelers van Gimmies, wat as die skeidsregters van die wedstryde opgetree het, om hul hokkie reëls te verskerp.