Deur Garnett Wicomb
DIE drawwers wat Saterdag se 239ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval eerste voltooi het, is Newald Groenewald (22:55) en Tarren Jullies (24:01).
Jullies het stof in die meeste mans se oë geskop en algeheel in die derde plek klaargemaak.
Zane Clements (23:29) was tweede.
Corika Hunlun (29:28) was die tweede vrou en Annemarie le Roux (30:37) die derde vrou.
Joel Charles (16) was die eerste junior van die 74 deelnemers in ’n tyd van 25 min 57 sek.
Saterdag se ander voorlopers was Natha Gray (24:08), Francois le Roux (24:40), Hans Lareman (24:46), Conrad Jullies (26:03), Shane Claassen (26:37), Pieter Dv Keller (28:44), Joseph Charles (30:42), Richter Scholtz (30;58), Dale Macintosh (31:08), Winile Mthimunye (32:01), Tersia Smuts (32:22), Henry Carstens (32:57) en Lluwellyn Coetzee (34:07).