As deel van die Oudtshoorn Sportfees het ’n domino-toernooi op Saterdag 28 Junie plaasgevind.
Spanne van 11 domino-klubs het mekaar die stryd by die Thusongsentrum aangesê om te bepaal wie die beste span is. Neppon Warriors het die toernooi gewen.
Die tweedeplekwenners was Dragons domino-klub en Tornados het in die derde plek geëindig. (GRANWILLE GOLIATH)
Neppon Warriors wen domino-toernooi
Die span van Neppon Warriors is, van links: Johannes Mei, Sanna Ruiters, Karools Appel, Roseline Swarts, Abraham Appel en Lydia Appel. Foto: Granwille Goliath