
Die REC was vroeg hierdie week reeds gereed vir groot dinge. Foto: Hannes Visser
Die afgelope week is die sportveld by Oudtshoorn Rec se gronde omskep in iets wat soos die terrein vir ’n mini-KKNK lyk.
Tente van verskillende groottes het sedert Maandag soos paddastoele opgeslaan. Dit is ter voorbereiding vir een van die hoogtepunte van die Oudtshoorn Sportfees wat reeds verlede maand begin het.
Die SAMCA (South African Majorette and Cheerleading Association) se nasionale trompoppie-kampioenskappe vind van vandag af vir ’n volle week hier plaas.
Meer as 3 000 besoekers wat trompoppie- en rasieleierspanne van oor die hele land behels, sak hierdie week op die dorp toe. Die program begin vandag, Vrydag 4 Julie, en besoekers kan uitsien na vertonings elke dag, selfs Sondag, tot met die finale uitdunne en eindrondtes op Saterdag 12 Julie. Kaartjies is beskikbaar vir toeskouers.
Johnny Bischoff, skoolhoof van Van Reedeskool en ondervoorsitter van SWD Majorette and Cheerleading Association, het met die bekendstelling van die sportfees verlede maand, gesê Oudtshoorn is die ideale dorp vir die aanbied van hierdie groot kampioenskap en die Rec is die ideale venue vir toeskouers.
Oor die waarde van die nasionale kampioenskap vir die dorp het hy gesê: “The SAMCA National Championships brings significant economic value to Oudtshoorn, attracting thousands of visitors who support local businesses, accommodation, and tourism. The event places Oudtshoorn on the national sporting map, showcasing its facilities and hospitality. It also fosters community pride and involvement, especially amongst the youth. Most importantly, it creates long-term opportunities for sports development and tour-ism growth in the region.”
In sy boodskap op die program van vanjaar se kampioenskap sê Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Johan Allers: “Majorettes and cheerleaders embody discipline, energy, and teamwork – values that inspire us all. This championship is more than a competition – it is a celebration of youth excellence, cultural pride, and the power of sports to unite us.
Thank you to SAMCA and every individual behind the scenes who made this event possible. To the participants: give your best, cherish the moment, and know that your pre-sence here is already a triumph. Welcome to Oudtshoorn where talent shines and memories are made.” Inwoners word genooi om kaartjies te bekom en die land se beste trompoppies en rasieleiers in aksie te sien. (HANNES VISSER)