Bykans 40 gholfspelers het Woensdag 2 Julie, aan die Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse gholfdag deelgeneem.
Die gholfdag se pryse is deur Daisy Business Solutions geborg. Franklin Cupido van die Oudts-hoorn Besigheidskamer het die pryse namens die borg oorhandig.
Die Besigheidskamer se gholfdag vind op die eerste Woensdag van elke maand plaas.
Die wenners was André Plaatjies en William Pretorius met 81 punte.
In die tweede plek was Pieter du Plessis en Charl du Plessis met 77 punte.
Deon Barnard en George Fourie was derde, ook met 77 punte. (HANNES VISSER)
Besigheidskamer-gholfdag lewer goeie spel
Die eersteplekwenners, André Plaatjies (links) en William Pretorius met Franklin Cupido van die besigheidskamer tussen hulle. Foto: Hannes Visser