Nege van die 17 vegters van Grebe’s Kickboxing Klub het as kampioene teruggekeer nadat hulle die naweek aan die Wes-Kaap Skopbokskampioenskap in Hermanus deelgeneem het! Elf van die vegters neem van 27 tot 29 April aan die SAKA SA Skopbokskampioenskap in Pretoria deel. Voor van links is Jayden du Plessis, Anando Olivier (goud; brons). Tweede ry is sensei Ranger Grebe, Simon Greeff (2 silwer), Divan Rademeyer (2 goud), Wian Grebe (2 goud), Sadika Nait-Saidi (silwer; brons), Ben Greeff (brons) , Ali Nait-Saidi (silwer; brons,) en sempia JD Glinister (goud). Derde ry van links is JC Matica (brons), Jacquine Strydom (2 goud), Thomas Bell (goud), Megan Grebe (2 goud), Audan Olivier (silwer), Divan de Wet (goud; brons) en Jenovan Fortuin (silwer; brons). Foto verskaf