Nat en modderige D4G

Die wegspring van die Medium Challenge. Die nat en modderige toestande kon nie eers die jonger atlete stuit nie. Foto: Charl Gerber Sports Photography

Die gewilde en uitdagende Dust4Glory uitdaging het verlede naweek by Wilgewandel plaasgevind.

Selfs die gure weer het nie die deelnemers gekeer om deel te neem nie en daar was deelnemers van so vêr as Kaapstad af wat kom deelneem het aan die pret en aksie.

Daar was drie kategorieë waarin die deelnemers kon inskryf. Van jonk tot oud het gesorg vir groot vermaak, alhoewel die kompetisie baie ernstig was.

Die wenners van die kategorieë is as volg:
D4G Pro: Mans – Glen Addicott; Vroue – Claire Denton.
D4G Medium: Mans – Jacques Berry; Vroue – Sandra Marais.
D4G Besigheidsspan: Team Joy – Stephan vd Merwe, Nakkie vd Merwe, Marné vd Merwe, Anja vd Merwe.
D4G Hoërskool: Drian Harteveld.
D4G Mini Gr 4-5: Seuns – Sylvester Swiegelaar; Dogters – Alrie Eloff.
D4G Mini Gr 6-7: Seuns – Jacques Berry; Dogters – Limarie Smith.
D4G Mini: Seuns – Jacques Smith; Dogters – Ava van Oudtshoorn. (Deur Lindi Brill)