Delport 4de in SA

Die plaaslike tennispeler, Fourie Delport (12), het verlede week deelgeneem aan die Trio TSA Junior Masters-kompetisie wat in Kaapstad beslis is.

Soos berig deur Die Hoorn van 28 September 2023, kwalifiseer slegs die top 6 gekeurde spelers in elke ouderdomsgroep vir die toernooi, tesame met twee promotorskeuse.

Fourie het uitstekend gevaar en vierde geëindig. Fourie sluit die tennisseisoen af as nommer 4 in Suid-Afrika in die ouderdomsgroep seuns o.12 enkelspel. Foto verskaf