DIE Grebe’s Skopboksklub se jaarlikse Eden Skopboks Kampioenskappe het die 14de Oktober in George plaasgevind.
Al die klubs uit die Edendistrik asook Jeffreysbaai, het aan die toernooi deelgeneem.
Die Eden skopboksspan is tydens die toernooi gekies wat aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in 2024 gaan deelneem.
Die prestasies van die klublede was as volg:
Hailie van Rensburg 2 Silver; Stian Jonker 2 Goud; Lukas van Rooyen 1 Goud, 1 Silver; Aidan Brui-ners 2 Goud; Megan Heyns 1 Brons ( Af-wesig tydens die neem van die foto); Luan Mattheüs 2 Silver; Dirk Harold Mostert 2 Goud en 1 Silver; Divan van Deventer 1 Silver; Wian Grebe Snr 1 Goud, 1 Silver; Divan Rademeyer 2 Goud; Si-mon Greeff 1 Goud, 1 Silver; Megan Grebe 1 Goud; Chaunique Bruce 2 Goud. (Deur Lindi Brill)
Grebe’s Skopboksklub presteer
Voor van links staan Stian Jonker, Lukas van Rooyen, Aidan Bruiners , Hailie van Rensburg, Luan Mattheüs. Middel van links is die Afrigter Ranger Grebe saam met Megan Grebe, Dirk Harold Mosterd, Divan van Deventer. Agter van links staan Chaunique Bruce, Wian Grebe, Divan Rademeyer,Simon Greeff.
Foto verskaf