Mqodolo wen 365ste Parkrun

Thulani Mqodolo Foto: Garnett Wicomb

THULANI Mqodolo het verlede Saterdag met sy derde deelname aan Parkrun sy tweede oorwinning behaal toe hy die 365ste Oudtshoorn Parkrun by Surval met ’n tyd van 21 minute 31 sekondes gewen het.

Yaron Venter was tweede van die dag se 59 deelnemers met Jacques Jacobs in die derde plek.
Michele Botha van SA Orienteers was vierde en die eerste vrou terwyl Melanie Fourie Saterdag die mylpaal van 50 parkruns bereik het.

Die voorste twintig deelnemers was Thulani Mqodolo (21:31), Yaron Venter (21:31), Jacques Jacobs (22:47), Michele Botha (24:13), Karien Visser-Maritz (24:49), Elmari du Plessis (25:15), Jennie Theunissen (25:17), Harry van Bebber (25:47), Salomo Wright (26:15), Johan Marais (26:35), Hoon Hannes (26:58), Kruge Roeloffze (27:46), Albertus Kennedy (28:44), Melanie Fou-rie (30:39), Theo Kruger (32:26), Linda Theron (32:36), Anzel Marais (32:49), Bart Saaiman (32:51), Frans Joubert (33:10) en Charlene Joubert (33:54). (Deur Garnett Wicomb)