Moseamedi net-net 1ste in Parkrun

Deur Garnett Wicomb
THABO MOSEAMEDI van die Oudtshoorn Infanterieskool Atletiekklub was Saterdag se wenner van die 210de Oudtshoorn Parkrun by Surval.

Sy klubmaat, die veteraan Patrick Peters, was kort op sy hakke met Greens Groenewald derde en Yaron Venter vierde.

Die 14-jarige William van Tonder wat in die vyfde plek was, was ook die eerste junior en die 10-jarige Melanie van Rensburg die eerste vrou by die eindpunt.

Altesaam 90 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem met Oupa Vermeulen, een van die stigters van die Oudtshoorn Parkrun, wat sy 100 ste een voltooi het.

Die beste tye was soos volg: Thabo Moseamedi (19:48), Patrick Peters (19:54), Greens Groene­wald (20:10), Yaron Venter (20:21), William van Tonder (20:43),Thys Jamneck (21:46), Abre van Tonder (22:17), Christo Theart (23:04), Newald Groenewald (23:17), Deon van der Walt (23:26), Thezamile Morolo (23:32), Melanie van Rensburg (23:51), Henry Carstens (24:00), Francois le Roux (24:21), Albertus Kennedy (24:33), Rozanne Theart (24:36), Hans Lareman (24:37), Francois Goosen (25:00), Obed Netshakhuma (25:20), Wayne Phillips (25:39) en Linelle Groenewald (25:43).