PIETIE MOONEY en Theo Adams het Saterdag 21 November die jaarlikse Oudtshoorn Spar Gholfdag by die Oudtshoorn Gholfklub met 89 stablefordpunte gewen.
Gerald Michaels en Malcolm Manuel was tweede met 87 punte, met Daniel Boks en Louis Willeman in die derde plek met 84.
Die gholfdag het soos gewoonlik weer spelers van regoor die Suid-Kaap gelok.
Dit is volgens die klubkaptein, Paul Stroebel, die grootste geborgde dag op die klub se kalender met die hele opbrengs wat aan die klub geskenk word.
Hy het namens die klub sy dank uitgespreek teenoor Skillie en Petra Pretorius van Oudtshoorn Spar en die spelers aangemoedig om die besigheid te ondersteun.
Ander pryswenners van die dag was soos volg:
Langste dryf – mans: Christo Strauss (4de) en Ivan Williams (16de); vroue: Christelle Griebenouw (5de) en Marianne Swart (17de).
Naaste aan die pen – C De Beer (3de), Helgard Oosthuizen (8ste), Louis Fourie jnr (12de) en T van Schalkwyk (15de).
Naaste aan die pen vir 2 – mans: Jacobus Arries (1ste) en T van Schalkwyk (18de); vroue: Anneli Badenhorst (2de) en Pam Haig (14de). (Deur Garnett Wicomb)