Melanie Verlinde, eienaar en hoof-afrigter van Black Mountain CrossFit op Oudtshoorn het Die West Coast Series Masters algeheel gewen in die vroue-afdeling in Kaapstad op 13 Mei vanjaar!
Ander deelnemers van Black Mountain CrossFit wat die kompetisie aangedurf het was Johan Marais, Bert Verlinde, PW Erasmus en Alida Erasmus. Lo-Anne Oosthuizen wat ook deel van die Black Mountain-span is, was ook gekeur as skeidsregter vir dié populêre en bekende kompetisie wat meer as 80 deelnemers in die veld gehad het. Foto verskaf
Melanie CrossFit-kampioen
