Leon Marais wen Oudtshoorn Parkrun 341

Chantal Conradie (links) en Leon Marais. Foto’s: Garnett Wicomb

LEON MARAIS was Saterdag die eerste van die 24 deelnemers wat by Surval Olyflandgoed aan die 341 ste Oudtshoorn Parkrun deelgeneem het, terwyl Chantal Conradie die eerste vrou was.

Die tye van die dag se deelnemers was Leon Marais (21: 38), Francois Verwey (25:53) was tweede, gevolg deur Lourens Swanepoel (26:07) Christo Delport (27:03), Johann Coetzer (27:08), Pieter Meiring (27:0), Mathys Myburgh (27:52), Chantal Conradie (27:55) , Albertus Kennedy (28:36), Sharon Pyle (30:23). Rozanne Theart (31:13), Charlene Joubert (32:40), Frans Joubert (33:08)James Geoff Pyle (36:58), Ellenore Cronje ( 40:17), Gert Pretorius (43:36), Delia Anna Niemand (45:19), Shannon Claassen (45 :34), Done Claassen (45:45), Rebecca Delport (47:08), Marilyn Scott (50:37), Mandy Eygelaar (1:07:12) en Cornelia Olivier (1:07:13).

  • Die Parkrun vind elke Saterdag by Surval plaas. (Deur Garnett Wicomb)