Die allergewilde en skilderagtig mooie Meiringspoort Maraton het weereens verlede Saterdag die atlete en toeskouers bekoor met dié jaar se wedloop. Daar was ’n fantastiese atmosfeer, en meer as een deelnemer het gesê dat dit vir seker hul gunsteling op die jaar se kalender is.
Die mans wenner van die 12,5 km was Bernardo Fredericks met ’n tyd van 39:11. Die eerste vrou oor die wenstreep was Louise Dippenaar met haar tyd van 50:23. Die junior wenner was Rico van der Horst met ’n tyd van 40:10.
Die 21,1 km se mans wenner was Selwyn Mattheus met ’n tyd van 1:04:38. Leilani Scheffer met haar tyd van 1:18:23 het die titel gevat vir die eerste vrou oor die eindstreep. Rainart Behrens was die eerste junior atleet oor die lyn met ’n tyd van 1:17:36. (Deur Lindi Brill)
Meiringspoort maraton weereens ’n groot sukses
Die gewilde Meiringspoort 12,5 km en 21,1 km wat atlete deur die skilderagtige Mei-ringspoort geneem het met die eindpunt in De Rust. Foto: Verskaf