Matthys en Fienie wen

Matthys Beukes (links), wenner van die mans-afdeling van die 72 km-fietsren, en sy broer Gerrie, wat die naaswenner was. Regs is Fienie Barnard, wenner van die vroue-­af-deling van die 72km-fietsren.

Matthys Beukes (links), wenner van die mans-afdeling van die 72 km-fietsren, en sy broer Gerrie, wat die naaswenner was. Regs is Fienie Barnard, wenner van die vroue-­af-deling van die 72km-fietsren.

Deur Ben du Preez
ALTESAME 1648 fietsryers het Saterdag aan die Laerskool Wesbank se gewilde Prettrap en Leopard Crawl Bergfietswedrenne deelgeneem.

Die manswenner van die 72 km wedren was Matthys Beukes, bekende in fietsrykringe op Oudtshoorn. Sy ouer broer, Gerrie Beukes, was tweede en Kyle Symons derde.

Fienie Barnard van Oudtshoorn was die vrouewenner van die 72 km-fietsren. Fransanette Heidenreich was tweede en Rose Bally derde.

Die byeenkoms was ook die eerste van ’n reeks XCO-byeenkomste vir Eden ­Fietsry.
Daar is meegeding oor afstande van 72km, 45km en 18km.

Die prettrap was oor afstande van 13km en 5km. Stappers het saam met die 5km-prettrap gestap.