Matthews wen houespel

Die algehele wenners van Saterdag se houespel is van links: Garth Matthews (1ste) Desmond Malgas (2de) en Higgo Jacobs (3de). Foto: Louis Fourie

Die algehele wenners van Saterdag se houespel is van links: Garth Matthews (1ste) Desmond Malgas (2de) en Higgo Jacobs (3de).
Foto: Louis Fourie

Deur Higgo Jacobs
Garth Matthews het Saterdag die Oudts-hoorn Gholfklub se maandelikse houespel met ’n netto-telling van 68 houe gewen.
Hy het ook afdeling B gewen.

Desmond Malgas was algeheel tweede met 71 houe en Higgo Jacobs derde, ook met 71.

Afdeling A is deur Francois Pretorius gewen met ’n netto-telling van 75 houe. Llewellyn Rheeder en Louis Fourie, albei met 76 houe, was onderskeidelik tweede en derde.

Jacobs het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan en Niel Truter het die boerpot gewen.

Pretorius het ’n spogtwee op die 8ste putjie ge-slaan, en Chris van Zyl op die 3de.