Maleisiese rolbalspan besoek Oudtshoorn

Die Maleisiese rolbalspan van 24 spelers wat van Donderdag, 6 April, gaste is van die Oudtshoorn Rolbalklub. Hulle het gister op Oudtshoorn teen die Eden Distrikrolbalspan gespeel.

Die Maleisiese rolbalspan van 24 spelers wat tans gaste is van die Oudtshoorn Rolbalklub. 

Deur Ben du Preez
DIE Oudtshoorn Rolbalklub speel vanaf Donderdag 6 April tot 6 Mei, gasheer vir ‘n rolbaltoerspan van Maleisië.

Die span is op toer deur Namibië en Suid-Afrika ter voorbereiding vir die Statebondspele in April 2018 en vertrek vanaf Suid-Afrika na Australië vir die volgende been van hul voorbereiding.

Die span word afgerig deur Simon Botha wat die Proteas van 2000 tot 2010 afgerig het.

Gedurende hul toer het hulle van 5 tot 8 Maart drie toetse teen Namibië en van 10 tot 11 April twee toetse teen Suid-Afrika gewen.

Hulle het die afgelope naweek aan die Eden Paasnaweekdriespel-toernooi deelgeneem en die eerste drie plekke behaal uit 32 spanne wat deelgeneem het.

Die groep spelers sluit in ’n o.25 manswêreldkampioen, ’n senior binnenshuise kampioen en vyf spelers wat by die 2014 Statebondspele in Glasgow elkeen ’n silwermedalje gewen het.

Die spelers gaan ook deelneem aan die All Cape-rolbaltoernooi wat eersdaags op verskeie rolbalbane in die Edendistrik gaan plaasvind.

Die mansspanne sal op die Oudtshoorn-rolbalbane in aksie wees op 2 en 3 Mei.

Botha het aan Die Hoorn gesê hy is baie beïndruk met die toestand van Oudtshoorn se bane en het Borrie Bornman vir al die logistieke reëlings bedank. ’n Dieetkundige en sportsielkundige staan die span by en sien om na hul fisieke en geestelike welsyn.

Die span het gister op Oudtshoorn teen ’n Eden-span gespeel.