Lollies en Etienne wen

Etienne Roos (regs) en Lollies van Rensburg (afwesig) was die wenners van die Oudtshoorn Besigheidskamer se geborgde ghofdag op Woensdag, 1 Maart. By hom is Gielie Marais (middel) van Canon wat die dag geborg het, en Gideon Badenhorst, voorsitter van die Oudts-hoorn Besigheidskamer.                Foto: Higgo Jacobs

Deur Ben du Preez
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag op Woensdag, 1 Maart, is gewen deur Lollies van Rensburg en Etienne Roos met ’n telling van 49.

Wico Louwrens en Dave Greeff, en Francois Verwey en Willem Bur-ger was op ’n uittel tweede en derde gevolg deur Paul Stroebel en Japie Marais, en Anneline Badenhorst en Liezl Neethling.
Rudy Mortlock was op die 8ste putjie naaste aan die pen en Dwayne Venter op die 12de.
Van Rensburg het ’n spogtwee behaal op die 12de, Paul Stroebel op die 3de, Marius ­Greeff op die 8ste en Gideon Badenhorst op die 15de.

• Ian Laubscher het Saterdag, 3 Maart, die individuele stableford-gholfdag gewen met ’n telling van 39 punte. Op ’n uittel, alvier met 37 punte, was Louis Fourie jr tweede, Branden Barnard derde, Colin Swigelaar vierde en Heinrich Victor vyfde.

Laubscher het ook die boerpot met 11 punte gewen.

Dave Meyer was op die 3de putjie naaste aan die pen.
Swigelaar het op die 8ste ’n spog-twee behaal.