Donderdag, 9 Maart 2017
TOUTREK: • ’n Toutrek vir besigheidspanne word om 18:00 by die Oudtshoorn Vaardigheidskool se sportgronde aangebied. Verversings sal beskikbaar wees. Vir navrae kontak gerus Gavin Block by 044 272 6054.
Vrydag, 10 Maart 2017
RUGBY: • Die Hoërskool Oudtshoorn se o.16A- en o.19B-rugbyspanne speel teen die Argentynse skoletoerspan, Jockey Salton. Die o.16A’s begin om 14:30 en die 0.19B’s om 15:45 op die Struisies se rugbyveld. Vir navrae kan Stix Theunissen by 044 279 1623 gekontak word.
Saterdag, 11 Maart 2017
GHOLF: • Die jaarlikse Eljada-Kairos Gholfdag begin om 08:00 by die Oudtshoorn Gholfklub. Vir navrae kan Elzette Heunis gekontak word by 044 203 7600 of 082 460 9960.
TOUTREK: • Pennypinchers/Timbercity se Interstreek toutrekbyeenkoms vind plaas op die Oudtshoorn Vaardigheidskool se sportterrein. Dit begin om 08:00. Daar sal stalletjies met verversings wees. Vir navrae kontak Gavin Block by 044 272 6054.
RUGBY: • Collegians A en Calitzdorp A speel op die weermagsportgronde teen mekaar in ’n promosie-relegasiewedstryd. Die wenner van die wedstryd dring deur na die Presidentsliga. In vriendskaplike voorwedstryde speel Collegians B teen Adias B en Adias A teen Calitzdorp B. Die voorwedstryde begin om 13:00. Die hoofwedstryd begin om 16:00. Vir navrae kan Julian Fillies by 084 983 6088 kan gekontak word.
RUGBY: • Hoërskool Oudtshoorn se o.15A- en o.15B-rugbyspanne speel teen die Argentynse skoletoerspan Suan Juan. Die o.15A’s begin om 14:30 en die 0.15A’s om 15:45 op die Struises se rugbyveld. Vir navrae kan Stix Theunissen gekontak word by 044 279 1623.
Saterdag, 27 Mei 2017
ATLETIEK en BERGFIETS: Meiringspoort Challenge. Vir navrae kontak Pieter by 082 377 0547.