Lazers as Oudtshoorn se dominoes-kampioene gekroon

Op 12 Maart vanjaar het die Groter Oudtshoorn Dominoes Cup begin waaraan 11 klubs deelgeneem het. Klubs het in groepe van twee - onderskeidelik 5 en 6 - spanne gespeel waarna twee klubs van elke groep deurgedring het na die semi-finale. Die Neppon Warriors en die Lazers van groep-A en die Torandos en Duduza-span van groep-B het na die semi-finale deurgedring. Die Neppon Warriors het die Torandos uitgeskakel om deur te dring na die finale. Die Lazers het die Duduza-span uitgeskakel. Op Sondag (30 April) het die Lazers die wenners van verlede jaar se “Summer Cup”, die Neppon Warriors, met 78 punte teen 58 oorwin. Die Lazers het verlede jaar ook die Oudtshoorn dominoes-liga gewen. Die Lazers is voor van links Chantel Maxim, Floriska Sederstroom, Wildau Goliath, Roshay Pypers en Chanel Lewis. Agter van links is Elton Wagenaar, Nigel Goliath, Romeo Prins, Wil-brey Goliath, Granwille Goliath, Jeffrey Saterdag, Emst Goliath en Lucian Jordaan. Afwesig met die neem van die foto was Lenay Pypers en Mario Wagenaar. Foto verskaf