Oudtshoorniete verbonde aan die plaaslike Cycle Addict-span het Saterdag (29 April) naam gemaak by die jaarlikse Swartberg 100 Gran Fondo-fietsren op Prins Albert. Hierdie fietsren is een van Suid-Afrika se voorste gruisfietsrenne ​en is ’n kwalifiserende byeenkoms vir die TREK UCI Gravel World Championships. Chantelle Terblanche (foto bo) was tweede in haar ouderdomsgroep en negende algeheel van die vroue terwyl Willem Serfontein en Pierre Terblanche (foto onder) tweede in die mans span-aflosfietsren oor ’n afstand van 170 km geïndig het. Foto’s verskaf
Oudtshoorniete skitter by Gran Fondo 100
