Langbad-swemgala lok 120 swemmers
Hierdie naweek het sowat 120 swemmers deelgeneem aan die eerste Eden langbad-swemgala van die seisoen. Die deelnemers het van so ver af soos Riversdal, Knysna en Mosselbaai gekom om mee te ding. Die swemmers het slegs vir persoonlike tye geswem; dit was nie ’n kompetisie nie. Hierdie naweek word daar weer ’n gala by die NA Smit-swembad aangebied. Foto: Granwille Goliath