DIE laaste Besigheidsliga Rolbal vir die jaar, wat deur Ricoh geborg is, het verlede Woensdag afgesluit met hul finale wedstryde en prysuitdeling by die Oudtshoorn Rolbalklub.
Uit die 56 spanne wat deelgeneem het word die kompetisie elke jaar al hoe sterker.
Die span wat in die derde plek geëindig het was 4 Cousins. Van Reede 1 het die tweede plek opgeraap en die eerste plek het gegaan aan die span van Jan Brits.
Wat die besigheidsliga so besonders maak is dat elke liewe span uit die 56 spanne, lekker pryse ontvang het. Dit is verseker een van die jaarlikse hoogtepunte in Oudtshoorn.
Laaste Besigheidsliga-uitslae
