Klubkompetisie steeds koning tydens Covid-19

AL perk die Covid-19-pandemie meeste mense se bewegings steeds in oor naweke, bly die Oudtshoorn Gholfklub se weeklikse klubkompetisies ’n wenner… En dan is daar natuurlik ook die wenner.

Met Saterdag se enkel stableford klubkompetisie – wat 67 geesdriftige gholfspelers na die klub gelok het – was dit William Phillipus wat as algehele wenner met ’n telling van 41 weggestap het.

Dit was slegs een punt meer as naaswenners Ockie Horowitz en klubpresident Paul Stroebel, wat beide met ’n telling van 40 geëindig het.
Llewellyn Rheeder het op die twaalfde putjie die naaste aan die pen beland.

Die boerpot is met hierdie kompetisie deur ses spelers gedeel: C du Plessis, Terblanche du Plessis, Skillie Pretorius, Matthew Wilken, Horo­witz en Phillipus.

Spogtwees is behaal deur William Malgas (derde en twaalfde putjies), Hannes Oosthuizen (twaalfde), Rudi Mortlock (derde), Rheeder (twaalf­de), Pretorius (twaalfde) en Laurie Boshoff (agtste). (Deur Stefan Skapie Goosen)